top of page

Roses United skop afrigter, Irvin Williams, wys hoe


Video link: https://www.facebook.com/video.php?v=784281244975155

Deur Abe Williams

Hier is Roses United Rugby Voetbal klub se Irvin Williams besig om vir Johnwin Lewis en Rowan Rana die fynere kunsies van doelskopwerk aan te leer. Die klub is hard besig met voorbereiding vir hul volgende wedstryde van die Cell C Community Cup. Hulle het net verloor in hul tawwe openings wedstryd van die kompetisie teen Belhar met die telling Roses United 10-21 Belhar.

Die dae is verby van net dat die mees talentvolste skopper die bal optel in 'n wedstryd en aanle pale toe. Nee daar is deesdae veel meer wat ingesit word in die voorbereinding en beplanning. Dinge soos balans, tegniek, kondisionering en ingesteldheid is al hoe meer belangrik, self in klub rugby.

As jy enige klub speler vra dan sal jy hoor wat als op die spel is. Eer, jou naam en reputasie, die reputasie van jou klub en dan natuurlik die titel. Baie keer word wedstryde op 'n mespunt gebalanseer en jou skoppe is dan baie belangrik om die telbord aan dei gang te hou. Met dit in gedagte moet mens Roses komplementeer met die dat hulle hul skerpskutters toerus met die nodige vaardighede om die merk te tref met sekuur skopwerk.


Follow Us
  • Twitter Classic
  • Facebook Classic
  • Google+ App Icon
Recent Posts

Advertisement space available

To advertise please contact Abe:

mobile: +27 81 270 2441

email: abwill79@yahoo.com

bottom of page