top of page

Pieter Jooste sien uit om sy staal te wys

  • Writer: blindside79
    blindside79
  • Oct 21, 2014
  • 2 min read

Abe Williams

Pieter Jooste pic.jpg

Daar heers tans groot opwinding in die Weskus waar die jaarlikse Bolandse Visfabrieke Toernooi sal plaasvind. Pieter is 'n staatmaker slot voorspeler van Vredenburg Rugby Voetbal Klub en hy sal die naweek vir die Mykonos Uitnodigingspan speel. Ek het bietjie met hom gesels.

Pieter is 'n veteraan wat al 22 jaar lank speel. Hy raak volgende maand 40 jaar oud en geniet nog homself op die rugby veld. Op vorige toernooie het hy vir Pioneer Fishing gespeel maar hy se dat Mykonos het hom gekontrakteer tans, noem hy gigelend. By Pieter is daar nog geen sprake van ophou speel nie. Hy speel klub rugby vir Vredenburg Rugby Voetbal Klub en sy grootste hoodtepunt was toe hulle in 2011 na die Boland Premier Liga opgegradeer was. Pieter praat ook van groot lof van sy klub Vredenburg en se dat hulle al provinsiale spelers in Tythan Adams(WP o19, Boland & NNMU) en Warick Rhode(UWK) opgelwer het en met jong spelers soos Ashley Essau en Claude Coetzee wat tans in die Jackie Abrahams huis tuisgaan in en onderskeidilik in Boland se o19 en o21 ouderdomsgroepe speel. Pieter Jooste se dat daar is baie op die spel en die fabrieke wil nie verloor teen mekaar nie en dat hy uitsien om sy staal te wys.

Pieter se span, Mykonos, het die laaste twee jaar die finaal gehaal maar kon nie die knoop deurhaak nie. Hy se dat hy sien nie hoekom hulle dit nie die jaar ka doen nie. Sy span is goed voorberei en glo dat hulle is nou meer bekwaam om met die prys weg te loop die naweek. Hy nooi alle ondersteuners om hul span te kom ondersteun.

 
 
 

Comments


Follow Us
  • Twitter Classic
  • Facebook Classic
  • Google+ App Icon
Recent Posts

Advertisement space available

To advertise please contact Abe:

mobile: +27 81 270 2441

email: abwill79@yahoo.com

bottom of page