top of page

Boland Rugby Unie se 27ste jaarlikse Visfabrieke Toernooi

  • Writer: blindside79
    blindside79
  • Oct 21, 2014
  • 2 min read

Abe Williams

Die 27ste jaarlikse SA Visfabrieke Toernooi - aangebied deur SARU en die Bolandse Rugby Unie - vind Vrydag 24 & Saterdag 25 Oktober 2014 plaas in die Weskus, op Veldrif sportgronde

Die tradisieryke toernooi wat sedert sy onstaan in 1987 ontwikke het in een van die gewildste rugby gebbertenisse op Boland se jaarprogram, bied aan plaaslike rugbyspelers - van wie die meeste spelers werksaam is in die Visindustrie - die geleentheid om hul onderskeie fabrieke te verteenwoordig op die rugbyveld. Hoewel 'n sosiale geur geassosieer kan word met verrigtinge van die veld af, is die aksie op die speelveld van hoogstaande gehalte. Die toernooi het al toeskouer getalle van tot 10 000 per toernooi gelok.

Volgens Jaco Van Wyk, Bemarkings en Kommunikasie hoof van Boland Rugby Unie, kan die gehalte en kwalitiet van die toernooi beslis ne onderskat word nie. Hy se dat daar verskeie Springbok en provinsiale spelers hul merk juis by hierdie toernooi gemaak et soos Enrico Januarie, Ashwin Willemse, Wayne Julies en Dale Sandton. Volgens Jaco is Dr Danie Craven, Ian Kirkpatrick en Dougie Deyers die meesterbreine agter die onstaan van die SA Visfabrieke toernooi.

Netbal en Sokker is vanjaar weer deel van die program, wat beteken dat 'n veel groter gedeelte van die gemeenskap geprikkel sal word om die toernooi by te woon. Met Bergrivier Munisippaliteit en die Veldrif Sportraad wat hulle gewig saam met SARU en Boland Rugby Unie ingooi, kan toeskoueres verseker wees dat vanjaar een vam die opwindenste toernooie van sy soort sal oplewer. Verigtinge begin om 09:00 Vrydag oggend en ek is seker dat dit groot opwinding in die Weskus sal oplewer. Daar sal 'n bier tent en hope stalletjies wees so al wat jy moet doen is om op te daag. Visfabriek spanne wat sal deelneem is Elandsbaai, Gansbaai, Pioneer Fishing, Sea Vuna, Cerebos A, Marine Products, Lucky Star, Mykonos Uitnodiging span, Cerebos B, I & J, Sea Harvest en West Point.


 
 
 

Comments


Follow Us
  • Twitter Classic
  • Facebook Classic
  • Google+ App Icon
Recent Posts

Advertisement space available

To advertise please contact Abe:

mobile: +27 81 270 2441

email: abwill79@yahoo.com

bottom of page